31/07/2026
💙💛 ’n Groot Dankie aan Chrisna Trailers! 💙💛
Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor Zander Schoültz van Chrisna Trailers vir die skenking van ’n splinternuwe waentjie aan Laerskool Nelspruit.
Hierdie waentjie gaan ’n groot verskil maak in ons daaglikse skoolaktiwiteite – van sport en logistieke ondersteuning tot algemene gebruik op die skoolterrein. Ons is ongelooflik dankbaar vir hierdie ruim en betekenisvolle bydrae. 🙏
Zander, jou ondersteuning en betrokkenheid by ons skool is 'n bewys van ware gemeenskapsgees. Baie dankie dat jy in die Nellies belê! 💪
🌟 Chrisna Trailers – Custom Build • Rentals • Sales • Service
📞 082 888 4889
Vir die beste diens en gehaltewaentjies in die dorp, kontak gerus Chrisna Trailers!