28/06/2026
Die natuur avontuur roep β en dit gebeur sommer reg op jou voorstoep in Broederstroom naby Harties !
Kom geniet die Outdoor & Adventure Expo Broederstroom by B'sorah Trails vanaf 14β16 Augustus 2026.
B'sorah Trails is maklik bereikbaar vanaf Brits, Rustenburg, Fourways, Sandton, Centurion, Pretoria, en omliggende areas β geen tolhekke en minder as βn uur se ry. π
Bring die hele familie, vriende, en selfs die honde saam β onthou Brakkies se leiband en sakkie vir die bollie. πΎ
Verwag βn VET PRET! buitelewe en avontuur naweek met kwaliteit uitstallers diep in die bos:
β’ 4x4βs, nutsvoertuie (SUV), 4x4 toerutsing en toebehore
Sleep-, woon- en veldrywaens
β’ Kampgoed, buitelewe-toerusting
β’ Bestemmings, avonture en reisidees
β’ Kosstalletjies, aktiwiteite vir kinders en gesinsvermaak
β’ Kamp- en "glamping"-opsies
β’ Bulls vs All Blacks rugby op die groot skerm in die biertent
β’ Lekker "Outdoor vibes" van begin tot einde
π 4x4-avonture tydens die expo:
Bring jou eie 4x4 en toets jou 4x4 vernuf (en jou voertuig!) op die opwindende en uitdagende 4x4 hindernisbaan vir slegs R250 per voertuig per dag. Pak die asemrowende 4x4 / SUV konfooiroete aan in jou eie ryding vir slegs R150 per voertuig.
Die 4x4-hindernisbaan en 4x4/SUV-konfooi-uitritte word beman deur die ervare "South African Off-Road Marshalling Unit".
Let wel: 4x4-aktiwiteitkaartjies is slegs by die ingangshek beskikbaar.
π Maak βn naweek daarvan!
Bring jou eie kampgoed en bespreek jou kampkaartjie aanlyn by TicketPro, OF bespreek βn volledig toegeruste A-raam tent vir twee teen slegs R2,450 + BTW. E-pos [email protected] teen 7 Augustus 2026 om te bespreek. Die kampeerkaartjie se koste sluit ingang na die expo in, maar uitgesluit die ander aktiwiteite.
Warm storte en spoeltoilette ingesluit.
Beperkte beskikbaarheid.
π» Rugby-aanhangers: Kyk die Bulls vs All Blacks live op die groot skerm by die biertent op 15 Augustus 2026.
π Bespreek jou kaartjies deur TicketPro en slaan die rye oor:
https://shop.ticketpro.co.za/seller/outdoor-adventure-expo-fyev
Kaartjies sal ook by die hek beskikbaar wees.
Kaartjiepryse:
β’ Kinders onder 7: GRATIS
β’ Kinders 7β18: R85
β’ Pensionarisse: R85
β’ Volwassenes - Vrydag: R85
β’ Volwassenes - Saterdag & Sondag: R170
β’ Kampnaweek: R600 pp β sluit toegang in
4x4 aktiwiteite slegs by die kaartjiekantoor beskikbaar.
4x4 hindernisbaan R250 per voertuig per dag
4x4 / SUV uitry R150 per rit in konfooi
β οΈ Geen alkohol word toegelaat vir bestuurders of passasiers wat aan die 4x4-aktiwiteite deelneem nie.
β¨ Bespreek jou kaartjies, pak jou kampgoed en kom geniet βn behoorlike buitelug- en avontuur naweek saam met ons! Vir meer inligting besiek ons webwerf op www.lrclassic.com of e-pos [email protected]
Volg ons blad en deel gerus met jou vriende.