01/08/2026
Goeienaand almal, ek wil vanaand die gemeenskap vra vir hulp!
Hierdie Tannie is Tannie Martie van der Martie Vd Sandt sy is n inwoner van Silwerkroon Aftree Oord in Booysenstraat, Pretoria. Sy en haar man Lionel, wat blind is, het gister middag tussen 3 en 4 uur die middag vanaf die Junction se rigting gery oppad na Hyperama Mayville Mall. Sy was in die linkerste binne baan toe kom daar n "man" met n bakkie en sleepwa en gaan haar aan die linkerkant verby en ry die linkerkant op die geelstreep en grond verby en stamp haar karretjie. Die "man" klim uit en vloek en skree op die Tannie en vloek haar in al 4 windrigting. Sy was dadelik in skok want dit is reg op Oom Lionel se kant gewees en sy kon hom nie uit kry nie. Sy is self ook nie gesond nie, maar hierdie is eerbare Silwerkroon Inwoners, waar ons omgee vir ons bejaardes.
Die "man" was onder die invloed, hy het op n geelstreep "overtake", bejaardes verbaal "abuse", en die ongelukstoneel verlaat sonder om besonderhede te verskaf.
My versoek is eenvoudig indien u hierdie sien gebeur het kontak my asb dat ons die "man" kan kry om verantwoordelikheid te neem vir sy dade!
Help my asb om Oom Lionel en Tannie Martie te help sodat hul karretjie reggemaak kan word. Hulle het nie versekering nie hul SASSA pensionarisse.
(*** ek plaas "man" in aanhalingstekens, omrede n WARE MAN nie dit aan bejaardes sal doen nie)
Kontak my op 0615081919.