22/10/2026
🎀 𝗞𝗔𝗥𝗢𝗢 𝗚𝗥𝗢𝗘𝗣 𝗗𝗔𝗔𝗚 𝗢𝗡𝗦 𝗚𝗘𝗠𝗘𝗘𝗡𝗦𝗞𝗔𝗣 𝗨𝗜𝗧! 🎀
Tooi jou mooi in PIENK elke Vrydag hierdie Oktober! 💗
Nie net vir onsself nie, maar in solidariteit met elkeen wat deur kanker geraak word — dié wat die stryd stry, dié wat ondersteun, en dié wat ons reeds verloor het.
Vrydae dra ons PIENK as ’n simbool van:
🖤 Herinnering aan die lewens wat verlore is
🎀 Solidariteit met elkeen wat deur kanker geraak word
💗 Hoop vir ’n toekoms met minder kanker en meer oorlewendes
𝙆𝙖𝙧𝙤𝙤 𝙁𝙤𝙧𝙙 nooi ons personeel, kliënte, vriende en die hele 𝙂𝙧𝙖𝙖𝙛𝙛-𝙍𝙚𝙞𝙣𝙚𝙩-𝙜𝙚𝙢𝙚𝙚𝙣𝙨𝙠𝙖𝙥 uit:
👚 Trek elke Vrydag jou PIENK aan en staan saam met ons!
📸 Neem ’n foto in jou pienk en deel dit met ons!