02/09/2026
Gelukkige Administratiewe Personeeldag!
Vandag vier ons, ons ongelooflike administratiewe dames – Belinda, Jolene en Marilyn!
Dankie vir alles wat julle elke dag doen – die organisering, reëlings, glimlagte, geduld en al die dinge wat agter die skerms gebeur om Motor Tune Ups aan die gang te hou. Julle is ’n onmisbare deel van ons span en ons waardeer elkeen van julle opreg.
Mag julle vandag besef hoe kosbaar en waardevol julle is. Dankie dat julle altyd bereid is om ’n ekstra myl te loop en met soveel liefde en toewyding julle werk te doen.
“Doen alles met liefde.” – 1 Korintiërs 16:14 ❤️
Ons is dankbaar vir julle!