16/05/2026
Gentlemen, start your engines!
Die Outlaw Rallye is om die draai en die Road Bandits vat pad! 800 km se suiwer adrenalien. 3 dae. Een legendariese trip wat afskop in Mosselbaai, op daai einste roete wat onlangs gekroon is as die beste "road trip" in die wêreld.
Maar hier is die catch...
Inskrywings is amptelik VOL! As jy jou amptelike uitnodiging gekry het... geluk, jy's in vir die naweek van jou lewe!
Het jy nog nie jou inskrywing ingestuur nie? Daar is 'n baie skraal kans dat ons jou dalk nog iewers kan insqueeze... maar die horlosie tik genadeloos. Jou absolute laaste kans is einde Mei. Daarna is dit neusie verby, geen uitsonderings nie.