Ontspan. Die vleis vries al.

Ontspan. Die vleis vries al. Verhuring van Verkoelde of Vries Waentjies vanaf Bloemfontein. Refrigerated Trailers

Huur 'n koelwa vir:
🤠 Jag
🌭 Byeenkomste, Feeste & Kermisse
❄️ Vervoer van koue of gevriesde produkte
🥳 Partytjies
Skoon • Betroubaar • Gereed om te gebruik
Skakel of WhatsApp 0722367189

05/09/2026

🎉 WELKOM, NUWE LEDE! 🎉

Amogelang Maduo
Saulse Carmen
Hakeem Mc Gluwa
Dwayne Lottering
Eugene Lubbe
Heleen Meyer
Emje Vorster
Sytze Smit
Hennie De Vries
Bertus Appel
Martiens Grobbie
Roger John Fritz
Johan Bezuidenhout
Hester Van Jaarsveld Daniell
Daleen Steyn
Donlim Rome
Esau Mabaso
Neo Morake
Alexander Wallace
Khensane Lebo
Jacques Vd Westhuizen
Lizaan van Wyk
Benjami Flipe
Roger Knuiman

Kyk net hoe groei ons familie! 😍 Baie welkom aan al ons nuwe lede. Ons is sommer baie bly julle het hier kom kuier!

Hier praat ons oor alles wat koud moet bly… 🥩🍗🥦🧀

Van vleis en hoenders tot groente, melk, koek en sommer enige iets anders wat nie van ’n warm dag hou nie! 😂

En onthou, as die jagseisoen verby is, beteken dit nie die yskas-pret is verby nie! 😉

Auntie Stienie sê:
“Kom sit ’n bietjie. Ontspan. Die vleis vries al!” 😎❄️

Dankie dat julle deel is van ons groep en voel sommer tuis! ❤️

Welkom, welkom, welkom! 🥳

04/09/2026

🚛❄️ As die vragmotor groot is, moet die sleepwa mos ook ’n bietjie belangrik lyk! 😂

Elke jaar gedurende Augustus of September, weet ons presies wat kom - Vanstadensrus Boeredag! 🌾🐄

Ons kliënt huur elke jaar 'n verkoelde sleepwa by ons om al die koue produkte koud en vars by die Boeredag te hou.

Maar hierdie jaar was daar ’n klein verskil… 😳

Die verkoelde sleepwa is agter ’n groot vragmotor ingespan! 🚛🚛

Dit was nou vir iets om te aanskou 👀

Dit was behoorlik ’n skouspel toe dié kombinasie deur die stad beweeg!

En as jy nog nie die Vanstadensrus Boeredag bygewoon het nie, dagboek sommer nou al dit op jou kalender! 📅

Elke jaar in Augustus/September verander Vanstadensrus in ’n klein mini Nampo en uitstallers kom tot van Bloemfontein! 😉🌾

Boere, besighede, produkte, mense, kuier en natuurlik hope interessante dinge om te sien.

Vanstadensrus Boeredag! ’n Jaarlikse afspraak wat jy nie wil misloop nie! ❤️

Ontspan! Die vleis vries al! 😎❄️


02/09/2026

🚨 Koelkamer staan stil? Geen paniek! het 'n oplossing! 🚨😂

Ons gereelde kliënt is maandeliks op die pad na die Noord-Kaap met 'n vrag bevrore hoenders. 🐔❄️

Maar dié keer bel hy vir Auntie Stienie:
“Die koelkamer by die huis werk nie en ek moet bevrore hoenders gevries hou tot ek kan aflewer!” 😳

Nou ja; dis presies waarvoor ’n mens ’n vries sleepwa nodig het! 😎

Hy het sommer vroeër bespreek en die hoenders veilig in die koelwa gebêre; bevrore en reg vir die lang pad Noord-Kaap toe. ❄️🐔

En hierdie man werk! 💪
Terwyl die meeste van ons nog twee keer snooze, is hy reeds oppad. 🌅😂 Hy vertrek vroegoggend om seker te maak elke bestelling word betyds afgelewer.

Koelkamer sê “Ek is klaar!"
Auntie Stienie sê “Ontspan! Die hoenders vries al!” 🤣❄️

Vir ons kliënte is dit nie net ’n koelwa nie; dis ’n plan B wanneer plan A besluit om op verlof te gaan! 😂

🐔❄️ Ontspan! Die vleis vries al!


01/09/2026

🌸🎶 Dis heerlike lente, die winter is verby 🎶🌸

En sing dit sommer uit volle bors! 😂

🌼🌷Ons wens vir almal ’n matige, heerlike somer toe, met net genoeg son sodat alles weer kan blom 🌻

Maar, as die somer besluit om bloedig warm te wees… 🥵
Ontspan! Die vleis vries al! 😎❄️

Auntie Stienie en haar yskoue sleepwaens staan reg om seker te maak julle vleis, groente, suiwel en ander bederfbare goedere bly lekker koud, selfs wanneer die son besluit dit wil persoonlik met jou baklei! 😂☀️

🌸 Welkom, lente!
Mag julle somer warm wees, maar julle goedere koud! ❄️😉


28/08/2026

🥦🥕 Groente moet koud wees, anders raak dit sommer warm onder die kraag! 😂

Ons gereelde kliënt is weer op pad! 🚛❄️

Vandag word die yskoue vragte vars én bevrore groente veilig vervoer na Trompsburg en Smithfield.

Want vars groente is lekker, maar vars groente wat halfpad begin sweet? Nee dankie! 😜

Die sleepwa word gelaai, die temperatuur word gestel en die groente kan rustig sy reis aanpak, want ons koelwaens is toegerus met kragopwekkers🥦🥕🧊

Van Bloemfontein tot Trompsburg en Smithfield. Ons hou jou vragte koud!

👉 Ontspan! Die groente vries al! 😎❄️



25/08/2026

Hokkie + hitte = Ontspan! 😎❄️

Wanneer Grey College weer ’n hokkie dag hou, weet hulle darem presies wie om te bel! 😉🏑

Ons is sommer weer ingeroep om ’n verkoelde sleepwa beskikbaar te stel, want met ’n hele skool vol hokkiespelers, ondersteuners en kos is daar een ding wat beslis koud moet bly! 😂

Dankie Grey College dat julle ons weer vertrou! 🙌
Ons hou die kos koud, julle hou die hokkie warm! 🔥🏑

Ontspan! Die vleis vries al! 😎❄️


#

22/08/2026

As die koelwaens kon praat… 😳😂

Dit sou stories kon vertel van:
🦌 jagvelde
🥩 vleisvragte
🐔 bevrore hoenders
🥛 suiwel
🥦 vars groente
❄️ en nog ’n hele paar dinge wat ons liewer nie op Facebook gaan noem nie! 🤣

Een ding is seker: dit weet hoe om dinge KOUD of GEVRIES te hou.

Ontspan! Die vleis vries al! 😎❄️



#

21/08/2026

Van ’n familiejag in Petrusburg gepraat! 🦌😂

Pa het die gesin gepak, die koelwa gehak en koers gekies om vir elande en gemsbokke te gaan jag. 🎯

Maar die jag was net die begin, want toe die manne terugkom, moes die vleis natuurlik veilig koud bly terwyl die groot bewerking begin. 😎

Eers word die wors gemaak, dan die biltong opgesit en sommer ook ’n goeie klomp droëwors gehang. 🤤

Die kinders het dalk gedink hulle gaan op ’n lekker familie-uitstappie, hulle het nie besef Pa bring genoeg vleis huis toe om die hele familie én die bure te voer nie! 😂

Ons sleepwa staan reg vir die jag, die vleis én die belangrikste deel van enige jag: die eet daarvan! 🥩🤣

Ontspan! Die vleis vries al! ❄️




18/08/2026

Wanneer 'n boer, wat ook 'n PH is, ’n koelwa kom haal, weet jy sommer; iemand gaan vandag die bosse onveilig maak! 😂

Ons getroue kliënt huur weer sy yskoue metgesel by . Dié keer om ’n kliënt op ’n jagtog na Rouxville te vergesel. 🦌🚜

Want ’n goeie PH sorg dat sy kliënt veilig is, die regte bok raakgesien word en natuurlik dat die vleis ná die tyd nie in die son lê en gaar word nie! 😜

Die plan is eenvoudig:
🎯 Jag die bok
🥩 Laai die vleis
❄️ Hou dit yskoud
🚜 Ry terug
🍖 En laat die slaghuis die res doen!

En soos altyd sê :
“Ontspan! Die vleis vries al!” ❄️🥩


14/08/2026

SP MEATS het weer ’n koel missie aangepak! 🚚❄️🥩

Die manne van SP Meats het ’n koelwa kom huur om vleis in Welkom af te lewer.

As jy in Welkom ’n heerlike steak, wors of tjoppie eet, is die kans goed dat dit in hierdie yskoue “VIP-bus” gereis het! 😄

Met SP Meats se groot vleisverwerkingsaanleg in Bloemfontein word daar nie klein gedink nie; hier rol die vleis vinniger as tannie se skinderstories by die kerkbasaar! 🤭🥩

Gelukkig sorg ons koelwa wat ingerig is met 'n kragopwekker, dat alles vars bly van Bloemfontein tot Welkom, want warm vleis is vir die braai, nie vir die pad nie! 🔥➡️❄️




Address

Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 15:00
Sunday 09:00 - 14:00

Telephone

+27722367189

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ontspan. Die vleis vries al. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ontspan. Die vleis vries al.:

Shortcuts

Share

Category