Ontspan. Die vleis vries al.

Call Contact the business

Ontspan. Die vleis vries al. Verhuring van Verkoelde of Vries Waentjies vanaf Bloemfontein. Refrigerated Trailers

Huur 'n koelwa vir:
🤠 Jag
🌭 Byeenkomste, Feeste & Kermisse
❄️ Vervoer van koue of gevriesde produkte
🥳 Partytjies
Skoon • Betroubaar • Gereed om te gebruik
Skakel of WhatsApp 0722367189

20/10/2026

🐔🚛 Die hoenders wag vir niemand nie! 😂

Ons getroue Noord-Kaap-hoenderafleweraar se datums het dié keer so bietjie hoenderhok gespring! 🤣 Met ’n sleepwa nog op ’n ander huur, moes ons vinnig plan maak om hom betyds op die pad te kry.

Dit was dalk ’n laat wegspring, maar die hoenders moes Noord-Kaap toe! 🐔❄️

’n Bietjie geskarrel, ’n vinnige plan en siedaar; die sleepwa is opgespoor, die hoenders is gelaai en die pad is gevat! 💪

Want by Ontspan! Die vleis vries al! maak ons planne, al moet ons eers ’n sleepwa gaan red! 😂❄️

Veilige kilometers, en mag die volgende skedule darem minder hoenderhok wees! 😉🚛



#

16/10/2026

🎯🥤 Skote hoog, koeldrank koud en kos op sy plek! 😎

Vrystaat Skoleskiet/Free State Schools Shooting het albei ons sleepwaens kom haal vir die skietkampioenskap by Sentraal Hoërskool. Want ’n mens kan dalk sonder ’n kolskoot klaarkom, maar warm koeldrank en lou kos? Nee wat! 😂

Die kampioenskap was ’n reuse sukses, die mik was reg en die dors is behoorlik in toom gehou! 🎯🏆

Dankie, Vrystaat Skoleskiet, dat julle Ontspan! Die vleis vries al! vertrou het om die koue kant van die kampioenskap te hanteer. 😉

Ons hou dinge koud, sodat julle op die kol kan bly! 🥶🎯

13/10/2026

🌧️🔥 Reën of te not, die kermis gaan voort 😂

Die sleepwa is terug ná ’n suksesvolle kerkkermis waar die reën dalk geval het, maar die braaivleisvure hoog gebrand het! 🌧️🥩

Want kom nou, ’n bietjie reën gaan mos nie ’n Afrikaanse kerk se planne omkrap nie. Die kole gloei, die vleis sis en die gemeente hou kermis! 😂🙌

Dankie dat julle ons verkoelwa ingespan het om die dag ’n sukses te maak!

Ontspan! Die vleis vries al! 😎🚛❄️




#

09/10/2026

🚜🌧️ Die jagtrip het nog skaars begin, toe lê die eerste bakkie se neus al in ’n vlakvarkgat! 😂🐗

Die manne is oppad Oos-Kaap toe vir ’n jagtog saam met vriende en kollegas.

Die bakkie is gepak met alles wat ’n man nodig het vir die jagveld, die reën het gesorg vir ’n lekker modderbad, en van die jaggeselskap was reeds op die plaas.

Nou ja, as die ander bakkie se neus al in ’n vlakvarkgat vassit nog voordat almal bymekaar is, weet ’n mens sommer dié jagtog gaan stories oplewer! 🤣

Met ons koelwa op sleeptou, is die vleis darem in goeie hande. 😉🥩

Verseker was die skote reg, die vlakvarke op hul plek en die stories om die kampvuur nóg groter! 😂🔥

Ontspan! Die vleis vries al! 🧊🚛



06/10/2026

🚨 Wanneer die restaurant se yskas besluit dit vat ’n vakansiedag… 😂

Toe hul yskas breek, was daar net een probleem: waar gaan al daai kos bly totdat die yskas reggemaak is? 🤔

Gelukkig het Ontspan! Die vleis vries al! se koelwa ingespring. 😎❄️

Ons koelwa het tydelik diens gedoen as die restaurant se “yskassie op wiele”, kos veilig koud gehou totdat hul eie yskas weer besluit het om saam te werk. 😂

Want ’n stukkende yskas beteken nie noodwendig ’n stukkende restaurant nie!
😉🚛❄️

Ontspan! Die vleis vries al!




#

02/10/2026

🌧️➡️☀️ Soms moet ’n kermis net eers bietjie wag vir beter weer! 😅

Willem Postma Primêre Skool het albei ons 'Ontspan!-waentjies' gehuur vir hul jaarlikse kermis. Een om alles lekker koud te hou en die ander een om die ys gevries te hou! 🧊

Die kermis moes uitgestel word as gevolg van reën, maar op die ou end was die wag die moeite werd! ☀️🎉

En toe kry ons hierdie mooi terugvoer:
“Die waentjies was netjies en skoon, en die diens vriendelik en professioneel.”

Nou dít is nou ’n resensie wat vir ons ’n glimlag gee! ❤️

Ontspan! Die vleis vries al! 😎

29/09/2026

🐔 Die hoenderkar is weer op pad! 🚛❄️

Elke maand, soos klokslag, pak ons getroue kliënt die bevrore hoenders en vat hy koers Noord-Kaap toe.

Ons begin al dink die hoenders het daar ’n vaste adres! 😂

Met Ontspan! Die vleis vries al! se koelwa agterna, weet hy ten minste die hoenders kom bevrore én betyds by hul bestemming aan. 😉

Tot volgende maand… ons weet die hoenders gaan weer roep! 🐔😂





26/09/2026

🚛 As die Rooitrok begin trek, weet jy daar is koue goed op pad! 😂

Van jagvleis tot bevrore hoender, boerewors, roomys of sommer ’n hele klomp goed wat nie lus is om warm te word nie — ons koel - en vrieswaens hou dit koud waar dit hoort! 🥩❄️

Met ’n kragopwekker aan boord, kan jou vrag koud bly, selfs wanneer die wiele rol.

📍 gebaseer in Bloemfontein

🚛 beskikbaar vir huur

❄️ koel of vries tot -15°C
💰 vanaf R750 per dag

want warm vleis is vir ’n braai en nie vir die pad nie! 😂

📲 whatsapp ons vir beskikbaarheid: 072 236 7189




25/09/2026

“’n Skoon koelwa is ’n bonus?”

Nee man! 😂
By Ontspan! Die vleis vries al! is ’n skoon koelwa nie ’n bonus nie; dis die minimum vereiste! 😏🧼❄️

Auntie Stienie hou nie van verrassings nie, veral nie verrassings onder die vleis nie! 🤣

Skoon koelwa.
Koue vleis.
Gemoedsrus.
So doen ons dit! 😉

Ontspan! Die koelwaens is silwerskoon!




24/09/2026

🇿🇦🔥 Geseënde Erfenisdag van Auntie Stienie & Die Baas!

Die Baas is nie vandag by die huis nie, so raai wat? Geen braai vir Auntie Stienie nie! 😂

Maar vertel nou vir my: Wat gaan oor julle kole vandag gebraai word? 🥩🔥

Mag julle ’n heerlike, veilige en geseënde Erfenisdag hê! ❤️🇿🇦




Address

Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 15:00
Sunday 09:00 - 14:00

Telephone

+27722367189

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ontspan. Die vleis vries al. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ontspan. Die vleis vries al.:

Shortcuts

Share

Category